Huiseienaars kry swaar, verkoop om te huur

FNB sê in sy Huurprys-indeks verslag vir die derde kwartaal van 2023 dat die huurmark se veerkragtigheid verbasend is. Die indeks het vir twee opeenvolgende kwartale positief gebly en het ‘n 12-maande-gemiddelde groei van 4,7% in die derde kwartaal bereik, teenoor 5,8% in die tweede kwartaal. Hille Petrus, hoofagent by Peuyoshinge Properties, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê baie huiseienaars kry finansieël swaar en verkoop hul eiendomme om eerder te huur.