Huise flinker gelewer, na jare se vertragings

Die voltooiing van 319 huise wat deur New Era Investments voltooi en oorhandig is, is geprys deur stedelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni. Uutoni het gepraat by die amptelike oorhandiging van die laaste 119 huise wat ingevolge die Massabehuisingontwikkelingsprogram in Swakopmund gebou is. Die minister beklemtoon dat die net minder as 4 500 eenhede onder die program gelewer is.