Huilende Florida weerman verduidelik sy frustrasie

Die Florida-weerman, John Morales, uiters bekend in die deelstaat maar nou ook internasional na hy emosioneel geraak het oor die ontwikkeling van orkaan Milton, het met Sky News gepraat oor sy reaksie. Kom ons luister eers daarna.

Hy sê frustrasie oor die trae reaksie op klimaatsverandering het die reaksie veroorsaak. 

Meer as 3 miljoen mense is tans sonder elektrisiteit in Florida met talle sterftes wat aangemeld is en reuse infrastruktuurskade sowel as hoë vloedwaters.