Huang en kie in Augustus op 1 676 klagtes verhoor

Die nou bekende belastingontduikingsaak waarby die omstrede Chinese sakeman en persoonlike vriend van President Hage Geingob, Jack Huang betrek word, sal op 17 Augustus in die hoërhof voor regter Christie Liebenberg voorkom. Huang, en sewe Chinese sakepersone, saam met Namibiër Laurensius Julius word by die 3,1 miljard Namibiese dollar saak betrek. Nog ‘n Chinese sakeman, Jinrong Huang wat ook aangekla is het die land gevlug en is blykbaar in China dood. Daar is 1 676 klagtes teen die groep wat bedrog, geldwassery en belastingontduiking insluit. Goedere wat vanuit China ingevoer is, is volgens die staat onderwaardeer en verder, die staat voer aan dat Julius sy maatskappy Extreme Customs Clearing Services, onder andere, gebruik het om groot bedrae kontant uit die land te neem, hoër as wat verklaar is. Die groep is uit op borg met bedrae wat wissel tussen 500 000 en 1 miljoen Namibiese dollar.