Howe het laaste sê oor anti-gay wette se grondwetlikheid

Dit is ‘n jaar sedert die Nasionale Vergadering die anti-gay wetsontwerpe wat deur Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo ingedien is om die term gade te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig, goedgekeur het. Die president het hulle nog nie onderteken nie, maar verlede week het binnelandse sake-minister Albert Kawana, nog ‘n wysigingswetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat poog om die Huwelikswet te vervang. Die wetsontwerp spesifiseer dat gades slegs van die teenoorgestelde geslag mag wees, wat selfdegeslaghuwelike onwettig maak in die land, ongeag waar hulle wetlik voltrek is. Die grondwetlikheid van die wetsontwerpe word egter in twyfel getrek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dianne Hubbard, regskonsultant by die Regshulpsentrum, oor of die grondwetlikheid van die wetsontwerpe in ‘n geregshof getoets kan word.