Houtskoolprodusente vra regeringsbystand
Houtskoolprodusente in die Omaheke-streek versoek die regering om hul toetrede tot die internasionale houtskoolmark te vergemaklik en hulp te verleen met die nodige toerusting. Daar is ‘n vergadering op Gobabis met die gemeenskappe wat houtskool produseer gehou. Die produsente sê aansienlike fondse is nodig om ‘n aanleg te vestig en houtskool te produseer en toerusting soos vragmotors, trekkers en beginkapitaal is nodig. Die regering het houtskool geïdentifiseer as ‘n sterk waardekettings-produk. Nuwe markte kom wêreldwyd na vore, wat aansienlike potensiaal vir Namibië bied.