Houtskool en die EU se ontwouding-reëls
Reaksie word ontvang oor die nuwe regulasies in die EU rakende ontwouding. Dit kan ‘n wesenlike impak op landbou-uitvoere na Europa hê, wat vleis, huide en houtskool insluit. Vanaf einde Desember vanjaar en 30 Junie volgende jaar, vir mikro-besighede mag geen produkte die EU binnegaan as hulle nie ontwouding-vry is nie. Ontwouding-vry beteken produkte wat gevoer is of vervaardig is met kommoditeite wat op grond geproduseer is wat van woud na landbou-grond verander is, mensgemaak of nie. Die EU se definisie van ‘n woud, is van toepassing op Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher gepraat …