Houthi’s weer aangeval

Amerika en die Verenigde Koninkryk het opnuut gesamentlik lugaanvalle uitgevoer op teikens van die Iran-ondersteunde Houthi-groep in Jemen. Die aanvalle was gemik op ʼn ondergrondse Houthi-bergplek en persele wat verband hou met die groep se missiel- en lugwaarneming. Amerika en die Verenigde Koninkryk sê in ʼn gesamentlike verklaring hulle doelwit is om spanning te laat afneem en bestendigheid in die Rooisee te herstel. Hulle voeg egter by hulle sal nie huiwer om lewens en vrye handelsvloei te verdedig nie. Die Britse ekonoom en outeur Bill Browder sê die Houthi’s is blatante terroriste.