Houthi’s moet VN-personeel onmiddellik vrylaat
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor doen ‘n beroep vir die onmiddellike vrylating van alle VN-personeel wat in Jemen deur die de facto Houthi-owerhede aangehou word. Die Iran-gesteunde rebelle het Maandag 13 VN-personeellede as CIA-spioene gearresteer. Die VN se Menseregte-woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê enige verdere optrede teen menseregte- en humanitêre werkers in Jemen moet gestaak word: