Houthi’s as terreurgroep deur VSA geklassifiseer

Amerika het die Iran-gesteunde militante Houthi-groep heraangewys as ‘n spesiaal aangewese wêreldwye terreurgroep. Hierdie stap kom te midde van voortgesette aanvalle deur die militante groep op kommersiële skeepvaart in die Rooisee. Die Withuis se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê hierdie benaming is ‘n belangrike instrument om terreurfinansiering aan die Houthi’s te belemmer, hul toegang tot finansiële markte verder te beperk, en hulle aanspreeklik te hou vir hul optrede. Die aanwysing sal binne 30 dae in werking tree.