Hou styf duim vas vir voorspelling…

Met die land se damme wat baie leeg is, kan Namibiërs dankie sê vir elke bietjie reën wat val. Die nuutste weervooruitsigte lyk belowend vir reën. Plaaslike weerkenner Richard Nashikaku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê sekere dele van die land kan reën verwag. Die Hardap streek met sy lae damvlakke kan ook reën kry. Volgens Nashikaku is daar goeie vooruitsigte vir ‘n nattigheid vandag en môre.