Hou op wapens maak, vra pous

Die pous doen ‘n beroep vir ‘n einde aan gevegte w^ereldwyd, veral die oorlog in Gaza, en vir die vrylating van Israeliese gyselaars wat Hamas aanhou. Pous Franciskus het duisende aanbidders by die St Peters-basilika in die Vatikaan in sy tradisionele Kersdagboodskap toegespreek. Hy het die wapenbedryf gekritiseer as “handelaars van die dood”, wat volgens hom die konflikte regoor die wêreld aanwakker. “Daar moet oor gepraat en geskryf word, om die belange en die winste wat die marionetstringe van oorlog beweeg, aan die lig te bring,” het hy gesê.