Hou julle bestuurders veilig, taxi-eienaars!
Die Namibië Openbare Passasiersvervoervereniging is bekommerd oor die toename in voorvalle waar taxi-bestuurders en hul passasiers beroof word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nathan Africa, die vereniging se sekretaris-generaal, wat sê dat hulle met Nampol saamwerk om taxibestuurders veilig te hou op die paaie. Hy vra egter die eienaars van taxi’s om meer betrokke te raak by veiligheidskwessies.