Hou joernaliste in Gaza, Libanon veilig, vra SA joernaliste

Suid-Afrikaanse joernaliste het hul pleidooi herhaal vir die veiligheid en beskerming van mediapersoneel in Gaza. Die Committee to Protect-groep sê 83 joernaliste en mediawerkers het sedert 7 Oktober verlede jaar omgekom in die oorlog in Israel, die Besette Palestynse Gebiede en Libanon. Joernaliste het deelgeneem aan nagwake in Johannesburg, Kaapstad, Durban en Makhanda. News24 se politieke en meningsredakteur, Qaanitah Hunter, beklemtoon die belangrikheid van die veiligheid en vryheid van joernaliste om uit Gaza verslag te doen.