Hou asb krag aan by Jhb-landboumarkNovember 1, 2021

Die hoof uitvoerende beampte van Agri SA, Christo van der Rheede, sê die kragonderbrekings weens kabeldiefstal by Johannesburg se grootste landboumark benadeel die gehalte en veiligheid van miljoene rand se goedere. Hy sê pakkamers is as gevolg hiervan sonder verkoeling en dit hou rampspoedige gevolge vir landbouprodukte in. Van der Rheede sê kragopwekkers is slegs met tussenposes beskikbaar. Agri SA het die kwessie met stadsamptenare bespreek en hulle gevra om die kragtoevoer te herstel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *