Hospitale loop nou deur in Sudan

Die hoofhospitaal in Sudan se al-Fashir-stad is deur die Rapid Support Services-paramilitêre groep aangeval en buite werking gestel. Dit is volgens Dokters Sonder Grense. Die stad, in die Darfur-streek in die noordweste van die land, is die tuiste van meer as 1,8 miljoen inwoners en ontheemdes, en is die jongste front in ‘n oorlog tussen die Sudanese weermag en die groep wat in April 2023 begin het. Sowat 130 000 mense het uit hul huise in Al-Fashir gevlug as gevolg van die gevegte het die Verenigde Nasies gesê.