Hospitale in Gaza het 24 uur oor

Die Verenigde Nasies se Humanitêre Kantoor waarsku die brandstofvoorraad by hospitale in Gaza gaan nog net sowat 24 uur hou. Gaza het reeds dae lank geen elektrisiteit nie wat noodsaaklike dienste soos gesondheid, water en sanitasie op die rand van ineenstorting laat. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hulle het kos, water, mediese voorrade en brandstof beskikbaar in Egipte, Jordanië, die Wesoewer en Israel. Hy sê om dit af te lewer, moet VN-personeel dit veilig en sonder verhindering na en deur Gaza kan neem.