Hospitaal-aanval in Gaza dreig om oorlog uit te brei

Die aanval op die Al Ahli Baptist-hospitaal in Gaza dreig om die konflik in die Midde-Ooste uit te brei. Jordanië wat groot kritiek uitspreek oor die menseregte skendings deur Israel, het die beraad met Amerikaanse president Joe Biden wat vandag sou plaasvind, gekanselleer. Palestynse president Mahmoud Abbas wat ook daar sou wees, het ook ‘n ontmoeting met Biden gekanselleer en Iran raak al hoe meer kriewelrig en wil-wil die konflik betree. Hamas blameer Israel vir die bomaanval en Israel blameer Hamas. Daar is kommentaar dat die tipe aanval tipies van Hamas is om die konflik deur bemiddeling te beëindig en dat Hamas die taktiek al vantevore gebruik het. Ook, 33 persent van Hamas se vuurpyle misluk en bereik nie Israel nie. Intussen sê luitenant kolonel Jonathan Conricus, woordvoerder van die Israelse weermag dit kon nie hulle aanval gewees het nie.