Hosh Hosh terroriseer Keetmans

Inwoners van Keetmanshoop leef in konstante vrees weens die kriminele bende “Hosh Hosh” wat hulle onverpoosd terroriseer met rooftogte. Die bendelede is glo misdadigers wat ‘n paar maande gelede vrygelaat is, nadat hulle in die tronk was vir verskeie oortredings. Kommissaris Marius Katamila, bevelvoerder van die Karas-polisie, sê die dorp word op horings geneem deur die jeugdige bendelede van tussen 17 en 23 jaar oud. Kosmos 94.1 Nuus het met Katamila gepraat, wat sê dat die publiek meld nie hierdie misdade aan nie, en dit maak polisiëring moeilik.