Hosh-Hosh ‘n reuse-kopseer vir Karas-polisie

Inwoners van Keetmanshoop leef in konstante vrees, aangesien die bekende “Hosh-Hosh” kriminele bende hulle steeds terroriseer met rooftogte, gewapen met messe. Kommissaris Marius Katamila, bevelvoerder van die Karas-polisie, sê die vermeende bendelede is tussen 15 en 23 jaar oud. Hy sê die polisie kan hulle nie arresteer nie aangesien mense nie die misdade aanmeld nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Katamila gesels, wat sê afwesige ouers speel ‘n rol in die gedrag.