Hosea Kutako-hoofweg vertraag

Die konstruksie van die Windhoek-Hosea Kutako Internasionale Lughawe hoofweg, ‘n projek van kritieke belang vir Namibië se infrastruktuur, ondervind vertragings wat aan verskeie uitdagings toegeskryf word. Die roete sou tussen November volgende jaar en Januarie 2025 voltooi gewees het maar daar is vertragings. Fase 2A wat in 2019 begin is en oor 19,5 kilometer van Auasblick tot Dordabis strek sal eers in Julie volgende jaar voltooi wees. Blykbaar is daar uitdagings met die kontrakteur se kontantvloei. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid sê die kontrakteur ‘n verdere 3 miljoen Amerikaanse dollar in die projek moet belê maar dat dit as gevolg van sy  berekeninge is. Lutombi sê die projek, wat 994 miljoen Namibiese dollar kos is steeds binne die begroting.