Hopwood aanvaar kiesersregistrasie-verduideliking

Die Verkiesingskommissie van Namibië het eers op 5 Julie die nuwe regulasies vir kiesersregistrasie in die Staatskoerant gepubliseer. Kiesersregistrasie het egter al op 1 Junie begin. Dit het vrae laat ontstaan by onder andere die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se direkteur, Graham Hopwood. Die kommissie het op sy navrae gesê dat die regulasies presies dieselfde is as die van 2015 wat herroep is, met net kosmetiese veranderinge aan die formaat. Kosmos 94.1 Nuus het by Hopwood uitgevind of hy tevrede is met die kommissie se antwoord.