HopHydro-beker Namibië sit jeug-sokkertalent in fokus

HopHydro Energy, in samewerking met die Collin Benjamin Sokkerakademie, het die eerste HopHydro-beker Namibië aangekondig, ‘n internasionale onder-18 sokkertoernooi wat vir 17 tot 19 Januarie geskeduleer is. Die geleentheid sal by die CBS Arena, of die Jan Mohr-sokkerveld, in Windhoek plaasvind. Junior spanne van Suid-Afrika se Mamelodi Sundowns en Duitsland se FC Nürnberg, sal saam met die Collin Benjamin Sokker Akademie en die Khomas-streek Keurspan deelneem. Die opwindende toernooi beloof om jeugtalent ten toon te stel en internasionale samewerking in sokkerontwikkeling te bevorder. Kosmos 94.1-nuus het gesels met nasionale sokkerspan-afrigter Collin Benjamin, wat meer inligting gee.