Hoop vir werkloses op WalvisbaaiFebruary 19, 2023

Werkloosheid vier hoogty op Walvisbaai, veral ná die inkrimping van die vissery-sektor en die nagevolge van die Covid-pandemie toe die Erongo-streek ingeperk is. Daar is egter nou hoop vir werkloses op die hawedorp met die opening van die Men on the Side of the Road-projek se kantoor. Die kantoor is amptelik geopen deur die minister van visserye en mariene hulpbronne Derek Klazen en die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes. Die kantoor is langs die Kuisebmond-polisiestasie geleë. Die projek is in 2007 in Windhoek deur ‘n nie-regeringsorganisasie gestig wat opleiding en werksgeleenthede aan werklose Namibiërs verskaf.