Hoop dat NWR-raad maatskappy se prestasie sal verbeter

Namibia Wildlife Resorts het sy nuwe raadslede aangekondig. NWR, ‘n toerisme-onderneming in staatsbesit word soms gekritiseer vir die swak toestand van infrastruktuur en dienste by sommige van hul oorde. NWR sê die raadslede bring ‘n magdom ervaring en kundigheid saam, en NWR is vol vertroue dat hulle uitstekende leierskap aan die maatskappy sal verskaf. Korporatiewe kommunikasiebestuurder Nelson Ashipala sê aan Kosmos 94.1 Nuus onder hul leiding sal NWR voortgaan om te groei en uit te brei en wêreldklas dienste en ervarings aan sy kliënte te bied.