Hoogste Zim-hof handhaaf weiering van borg aan opposisie

Menseregtegroepe het ‘n besluit deur die Zimbabwiese hooggeregshof veroordeel om ‘n laerhof se beslissing te handhaaf wat borgtog aan ‘n opposisiepartyleier en 78 aktiviste geweier het. Jameson Timba, leier van die Citizens Coalition for Change, is ‘n maand gelede saam met partylede in Harare gearresteer omdat hulle glo ‘n ongemagtigde byeenkoms gehou het. Hulle is daarvan aangekla dat hulle bymekaargekom het met die doel om openbare geweld te bevorder. Khanyo Farise, Amnestie Internasionaal se adjunk-streekdirekteur vir Oos- en Suider-Afrika, sê hulle arbitrêre, maand-lange aanhouding is verregaande en moet nou eindig.