Hoogste vlakke van akute voedselonsekerheid ooit in Soedan

Soedan ervaar die hoogste vlakke van akute voedselonsekerheid wat nog ooit deur die Geïntegreerde Voedselsekerheid-fase Klassifikasie-indeks aangeteken is. Die jongste verslag dui aan meer as 25-miljoen mense, meer as die helfte van die bevolking, staar hierdie krisis in die gesig. Daar is ‘n kans op hongersnood in 14 gebiede as die oorlog, wat in April verlede jaar begin het, vererger. Hierdie gebiede sluit in Khartoem, Darfoer, Kordofan en die staat El Gezira. Die Wêreldvoedselprogram het dit verklaar as die wêreld se grootste hongerkrisis.