Hoogs oneties vir Namcor en kie om by saamtrekke te praat
Die praktyk dat bestuurders van staatsondernemings by Swapo-saamtrekke praat, laat vrae ontstaan oor hul politieke neutraliteit en rol. Victoria Sibeya, ‘n uitvoerende beampte by Namcor, het die naweek tydens ‘n Swapo-saamtrek in Windhoek-Wes gepraat waar sy partylede ingelig het oor Namcor se bydraes tot die land. Sibeya het gepraat ná die groenwaterstof kommissaris James Mnyupe, wat ‘n soortgelyke toespraak gelewer het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê dit is hoogs oneties.