Hoofregter Zondo se kritiek oor staatskaping ‘onvanpas’June 23, 2023
Die parlement in die buurland sê hy is geskok deur onlangse opmerkings deur hoofregter Raymond Zondo, wat ook voorsitter van die Staatskapings-kommissie was. In sy hoofrede by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se seminaar, het Zondo die parlement gekritiseer oor sy vermeende onvermoë om Suid-Afrikaners teen staatskaping te beskerm en sê dit kon die verlies van 58 miljard Suid-Afrikaanse rand voorkom. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê dis onvanpas van Zondo, wat een van die staatsafdelings verteenwoordig, om die instelling in die openbaar aan te val.