Hoofargumente vandag in Esau se dringende aansoek
Die dringende aansoek deur oudminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau en sy vrou Swamma, teen die aanklaer-generaal kom vandag voor regter Beatrix de Jager voor. Esau vra dat twee bedrae, een net meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar en die ander, amper 2,3 miljoen dollar beskikbaar gestel word en oorbetaal word aan sy regsman Richard Metcalfe. Die partye het reeds hoofargumente op die aanlyn regstelsel gelaai en sal na verwagting vandag aangehoor word.