Hoofafrigter, assistente van Kanada-vrouespan afgedank
Sokker: Die Kanadese beheerliggaam het bekendgemaak die afrigter van die nasionale vrouespan, Bev Priestman, en haar twee hulpafrigters gaan nie hulle rolle hervat na die hommeltuig-skandaal gedurende die Olimpiese Spele in Parys nie. Kanada Sokker het ʼn verslag vrygestel oor die ondersoek na die gebruik van ʼn hommeltuig om Nieu-Seeland se geslote oefeninge te verfilm voor die wedstryd tussen die twee lande. Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, het Priestman, Jasmine Mander en Joey Lombardi vir ʼn jaar geskors. Die soektog na ʼn nuwe hoofafrigter begin binnekort.