Hoof van Nigeriese sentrale bank tweede keer op korrupsie-klagte gearresteer
Die voormalige hoof van Nigerië se sentrale bank sal na verwagting Maandag in ‘n hof in Lagos verskyn nadat nuwe aanklagte van ampsmisbruik en korrupsie teen hom ingedien is deur die teenkorrupsie-agentskap. Godwin Emefiele staan reeds tereg op aanklagte van verkrygingsbedrog in ‘n ander hof in die hoofstad Abuja. Hy het die aanklagte ontken. Volgens die klagstaat was daar beweerde bedrieglike toewysings van buitelandse valuta van 2 miljard Amerikaanse dollar. Emefiele het die misdrywe tussen 2022 en 2023 gepleeg, het die kommissie gesê.