Hoof van Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat bedank

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat, Hermione Cronje, het bedank. Die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, sê Cronje het die redes vir haar besluit oorgedra en sy verstaan ten volle. Batohi sê sy sal amptelik aanbeveel dat President Cyril Ramaphosa Cronje se bedanking aanvaar wat in Maart volgende jaar van krag word. Sy sê dit sal lei tot ‘n vinnige en verantwoordelike oorgang wat sal verseker die ondersoekdirektoraat se werksaamhede gaan ononderbroke voort. Die direktoraat se adjunkdirekteur, Ouma Rabaji-Rasethaba, sal Cronje in die oorgangstyd bystaan.