Hoof van Geheimediens moet volgende week getuig na skietery

Die direkteur van die Geheimediens, Kimberly Cheatle, is gedaag om volgende week voor ’n komitee van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers te getuig. Dit volg na die naweek se sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump by ʼn saamtrek in Butler, Pennsilvanië. Daar is vrae oor hoe ʼn skerpskutter toegang kon kry tot ʼn dak naby die oudpresident se posisie op die podium. Intussen gaan die Republikeinse Nasionale Konvensie waar Trump amptelik as die party se presidentskandidaat benoem sal word, hierdie week voort soos beplan.