Hoof van Amerikaanse Geheimediens diep in die sop

Die direkteur van die Amerikaanse Geheimediens, Kimberly Cheatle, sê sy neem volle verantwoordelikheid vir die mislukking om president Donald Trump op 13 Julie te beskerm. Trump het ‘n sluipmoordpoging by ‘n verkiesingsaamtrek in Butler, Pennsilvanië oorleef. Die Huis van Verteenwoordigers se Oorsigkomitee het Cheatle intens ondervra. Sy het erken die sluipmoordpoging is een van die grootste mislukkings van die Geheimediens in dekades: