Hongkong-vonnisse lok reaksie uit
Hongkong-vonnisse lok reaksie uit Regerings en menseregtegroepe het kommer en verontwaardiging uitgespreek oor die vonnisoplegging van 45 pro-demokrasie-aktiviste in Hongkong ná die stad se grootste nasionale veiligheidsverhoor. ‘n Hof het vonnisse wat wissel van vier jaar en twee maande tot 10 jaar, opgelê aan aktiviste, voormalige wetgewers, raadslede en akademici. Die aktiviste is in 2021 ingevolge die stad se nasionale veiligheidswet in hegtenis geneem vir hul deelname aan ‘n nie-amptelike primêre verkiesing in Julie 2020. ’n Woordvoerder van die Amerikaanse konsulaat in Hongkong het gesê dat die VSA die vonnisse “ten sterkste veroordeel” en bygevoeg dat die beskuldigdes “aggressief vervolg en tronk toe gestuur is omdat hulle vreedsaam aan normale politieke aktiwiteite deelgeneem het”.