Hongkong sal eerste keer in 33 jaar nie slagting van Tiananmen-plein herdenk

Hongkong sal vir die eerste keer in 33 jaar nie die slagting van Tiananmen-plein op 4 Junie 1989 herdenk nie. Eerwaarde Martin Ipp het aan internasionale nuusagentskappe gesê mense is skrikkerig om ‘n nuwe wet oor saamtrekke te oortree. Die herdenking is elders in China nog altyd taboe.