Hongersnood neem in Tigray toe

Ongeveer 225 mense het sedert Julie verlede jaar aan hongersnood gesterf in die Tigray-streek in Ethiopië, met gebiede soos Edaga Arbi en die Adwa-dorp wat die ergste geraak is. Humanitêre amptenare sê baie van die slagoffers is kinders en jongmense. Die Netwerk vir Vroeë hongersnood-waarskuwingstelsels waarsku die voedselkrisis, wat vererger is deur droogte en oorlog, staan op die punt om teen die middel van hierdie jaar ‘n landwye noodgeval te word. ‘n Humanitêre ontleder, Alex de Waal, waarsku sonder vinnige optrede kan ‘n halfmiljoen mense of meer in die komende jaar weens hongersnood sterf.