Hongersnood eis 1 400 lewens in drie maande in Tigray
Minstens 1 400 mense is dood weens hongersnood in Ethiopië se noordelike Tigray-streek sedert voedselhulpverlening meer as drie maande gelede opgeskort is weens beweerde diefstal. Die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram en die Amerikaanse hulp-agentskap, USAid, het hulp aan sowat ses miljoen mense in die streek verskaf, maar dit is in April gestaak, nadat daar ontdek is dat die skenkings op plaaslike markte verkoop word. Tientalle mense, onder wie baie kinders, is in hospitale opgeneem vir wanvoeding. ‘n Ondersoek in Tigray dui daarop dat sowat 500 mense by die diefstal betrokke was. Sowat 200 van hulle is reeds aangekla.