Honger mense het werk nodig, nie kospakkies – Nico Smit

Hongersnood in die land het so toegeneem dat dit kinders dwing om op straat en by winkelsentrums om kos te gaan bedel. Die probleem het so erg geword dat kopers kla dat kinders hulle selfs tot binne winkels volg en hulle vra vir brood, suiker of ander basiese voedselitems. Nico Smit, die Populêre Demokratiese Beweging se skaduminister van finansies het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering het misluk en om kospakkies te gee is nie ‘n oplossing nie.