Hongarye wil vredesamesprekings tussen Rusland en Oekraïne hou
Hongarye is bereid om vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland aan te bied. Hongerye se premier, Viktor Orban, sê die einde van die konflik tussen die twee buurlande hang hoofsaaklik van die Russiese regering af. Hy sê die oorlog kan slegs gestaak word deur middel van onderhandelings, vredesamesprekings en ‘n skietstilstand. Orban het op die grens tussen Hongarye en Oekraïne met die media gepraat.