Honderde sal weer kan sien na katarak-chirurgiese veldtog
Die Otjozondjupa-gesondheidsdirektoraat, in samewerking met die Nasionale Blindheidvoorkomingsprogram, is besig met ‘n katarak-chirurgiese veldtog by die Grootfontein-distrikshospitaal. Die veldtog word saam met chirurgiese spanne van die Windhoek Sentrale Hospitaal en internasionale vrywilligers van Duitsland en Amerika uitgevoer en duur tot 17 Mei. Die groep word gelei deur dr. Helena Ndume, ‘n internasionaal bekende filantroop. Die gesamentlike projek sal na verwagting die sig van sowat 450 katarakpasiënte van die Otjozondjupa-, Kunene- en Omaheke-streke herstel. Dr. Ndume beklemtoon hoe belangrik dit is om terug te gee aan die mees kwesbare mense in die samelewing.