Honderde plunder vragmotor na ongeluk

Die pad tussen Karibib en Usakos was Vrydagnag gesluit na ‘n vragmotor omgeval het. Inligting is skraps maar die vragmotor het blykbaar uitgeswaai vir ‘n ander motor om ‘n ongeluk te vermy en so omgeslaan. Die pad is versper maar honderde padgebruikers het gestop om die vrag, koeldrank, te plunder. Dit raak ‘n algemene verskynsel in die land en het ook onlangs op die roete tussen Windhoek en Okahandja gebeur na ‘n ongeluk met ‘n vragmotor wat melk vervoer het. Video’s van die Karibib-ongeluk toon pure chaos.