Honderde Hezbollah-lede gewond toe ‘pagers’ ontplof

Honderde lede van die Libanese gewapende groep Hezbollah is volgens berigte beseer nadat handsoekers, of “pagers”, wat hulle gebruik om te kommunikeer, ontplof het. Libanon se staatsnuusagentskap het gesê daar was ontploffings in die suidelike voorstede van Beiroet en verskeie ander gebiede. Video’s en foto’s op sosiale media wys blykbaar gewonde mans wat op vloere sit of lê, en ander wat na hospitale gehaas word. ‘n Hezbollah-amptenaar het aan Reuters gesê dit is die grootste veiligheidsbreuk nog sedert vyandelikhede met Israel 11 maande gelede toegeneem het. Daar was geen onmiddellike kommentaar van die Israeliese weermag nie.