Honde oefen vir Kaliforniese branderplankry-kompetisie
Honde in Kalifornië oefen nou hul branderry-tegnieke voor die jaarlikse Surf Dog Surf-A-Thon.
Die jaarlikse kompetisie word in Del Mar, net noord van San Diego, gehou en aangebied deur die Helen Woodward Animal Centre, ‘n diere-skuiling in die San Diego-area wie se leuse is “Mense help diere en diere help mense”.
Branderplank-hond-instrukteur Scott Owens, wie se twee Dalmatiërs, Bentley en Bailey, saam met hom op die water rondrits, het gesê om die branders met sy honde te deel, trek gereeld ‘n skare.
“Soms doen hulle sekere bewegings, van óf agteruit óf draai tot eintlik net lê en die branders braaf aandurf. Hulle het net geweet wanneer die regte tyd is om net daardie regte brander te vang,” het Owens gesê.
Die honde-branderplankry-kompetisie is 18 jaar gelede deur die Helen Woodward-dieresentrum begin om geld vir troeteldiere en diereprogramme in te samel.
Die Surf-A-Thon sal by Del Mar’s Dog Beach gehou word, ‘n seldsame strand waar honde toegelaat word.
Foto verskaf.