Honde help kokaïen in vraghouer opspoor

In Kaapstad het die metropolisie in samewerking met die K9 Khalesi-eenheid op ‘n reuse-dwelmvonds op die Industria-lughawe afkom. ‘n Vraghouer gevul met hoenderbokse het verdag gelyk. Nadat die houer geïnspekteer is, is kokaïen ontdek. Die toneel is aan die misdaad-intelligensie, die provinsiale Valke en die doeane-dienste oorhandig vir verdere ondersoek. Die hoeveelheid en geraamde straatwaarde van die dwelms moet nog bepaal word. Senior superintendent Herschel Solomons van die Kaapstad metropolisie…