Honde-eenheid sal Overstrand-marienemisdaad bekamp

Die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid het die Overstrand munisipaliteit se honde-eenheid van stapel gestuur. Dit bestaan uit ses Belgiese Malinois-honde met ses hanteerders wat in die Grotto-strand en Nautilis-area in Hermanus werksaam sal wees. ‘n Woordvoerder, Wade Seale, sê die honde-eenheid sal saam met die munisipaliteit se direktoraat van wetstoepassing ontplooi word, maar sal die hele Overstrand-gebied bedien met ‘n spesifieke fokus op mariene-misdaad: