Hond ‘skiet’ Kansas-man dood

Polisie in die Amerikaanse staat, Kansas, ondersoek die dood van ʼn man nadat ʼn hond na bewering op ʼn geweer getrap het. Dit het veroorsaak dat die wapen op die agterste sitplek van ‘n bakkie afgevuur is. Nooddienste is ingeroep en die 30-jarige is mond-tot-mond-asemhaling toegedien maar hy is op die toneel naby Geuda Springs dood. Volgens die polisie is nog ‘n persoon ongedeerd in die bestuurdersitplek aangetref. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat dit ʼn jag-verwante voorval was.