Homoseksualiteit word nie in skole ‘geleer’ nie

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp hulle word valslik beskuldig dat leerders onderrig in die kurrikulum ontvang om homoseksualiteit te bevorder. Sy sê om afknouery in skole te voorkom, kry leerders onderrig oor gender-identiteit. Beskuldigings word veral van kerke ontvang dat leerders geleer word om homoseksuele te word, wat Steenkamp ten sterkste ontken. Dit spruit uit hooggeregshof se uitspraak oor selfdegeslaghuwelike. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en beklemtoon dat die ministerie se kurrikulum verdraagsaam en nie-veroordelend is.