Hommeltuigaanval tref Tel Aviv, een dood

Die Israeliese weermag ondersoek ‘n oënskynlike hommeltuigaanval op sentraal Tel Aviv in die vroeë oggendure. Israeliese nooddienste sê een persoon is in die ontploffing dood en verskeie ander beseer. Houthi-militante in Jemen het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Die voorval volg nadat die Israeliese weermag bevestig het dat hulle ‘n senior Hezbollah-bevelvoerder in die suide van Libanon vermoor het. Beide Hezbollah en die Houthi’s sê hulle tree in solidariteit met die Palestyne op.